-->

Nuts and bolts rally - Dag vier

Saturday 26 September 2015

Ons het die laaste dag van die Nuts & Bolts rally begin met 'n gejagery om die rugby baan. Kyk party van die manne mag maar ry ... Nadat almal 'n tyd op die bord gekry het was dit tyd vir groep foto's.








Soos oudergewoonte moes ons eers 'n draai maak by 'n kerk basaar. Die keer was dit Loeriesfontein s'n. Ek het my ooreet aan pannekoek en Craig het 'n draai gemaak by die koek tafel gevolg deur 'n strawberry milkshake.



Die kerk basaar was ander wat ek al bygewoon het. Jy koop nie of 'n tjoppie of 'n stukkie wors nie. Jy koop 'n kg se vleis op 'n slag.

Voordat ons die lang aangedurf het, het ons na die Fred Turner windpomp museum gegaan.





Oppad Niewoudtville toe moes ons eers stop vir 'n foto by die waterval.





Die motorfiets museum in Niewoudtville was ongelukkig gesluit maar ons het 'n paar foto's deur die venster geneem. 



Ek het dit al gesê maar die Noord-Kaap se plante, blommetjies en diere wat gereeld oor die pad loop is darem maar die mooiste. Die voëls maak nes op 'n telefoon paal en dit maak vir 'n interessante foto.






Ons moes natuurlik eers weer braai langs die pad. Hoe dan nou anders ...





Dit was die homestretch en die eind punt was net ander die berge. Die dorpe waar deur ons gery het vir die dag was Loeriesfontein, Nieuwoudtville Doringbos, Clanwilliam, Kaapse Oupad, Cederberge  en Kromrivier








In 'n oogwink was die rally klaar en moes ons die volgende oggend nuwe vriende groet. Tot volgende jaar!

Nuts & bolts rally - dag drie

Friday 25 September 2015

Na 'n nag van my en oom Tommie se gedansery in die kerksaal was my voet so bietjie gevoelig. Gelukkig het koffie en wortelkoek dit alles beter gemaak! 





Nadat almal gaan stort het het ons die lang pad aangedurf na Loeriesfontein toe. Maar ons het eers vir die kinders gaan t-hemde koop by die toeriste winkel. Ek moet by sê dat Garies (van alle plekke) die beste badkamers gehad het van al die dorpe waar ons gebly het. Party mense het gekla dat die water koud was, wat in my opinie meer 'n besturing was weens die hitte. Die kragproppe het gewerk en dit was 'n bonus!






Ek gaan eerlik nie baie sê oor die reis van vandag nie en gaan dit eerder in foto's uitbeeld. Dit was 'n lang dag in terme van ry en dit was vreeslik warm ook. Dorpe waar deur ons gery het was Garies, Leliefontein, Kamiesberg, Kliprand en Loeriesfontein.

Die pad was baie lank en reguit en soms kon jy net die stoffie op die horison sien. Dit was ons pad aanwyser.





Ek wil so ver gaan om te sê daar is nie veel in die Noord-Kaap nie. Afgesien van die mooi dorpies is daar nie veel aantreklikhede nie. Daar is nie 'n waterfront met 'n see uitsig nie. Allermins. Daar is wel groot oop vlaktes, met grond paaie wat jou lei na plekke wat nie baie toeriste sien nie, maar as jy stil staan sal jy die mooi in die skepping raak sien. Elke blommetjie, elke diertjie. Alles hier is uniek en mooi!















Tot hier was alles goed en wel, maar toe skop daar 'n skielike hongerte in. Ons het net daar en dan in die pad gebraai. Die lekkerste burgers wat jy daar sal kry. Oorskiet vleis en Jimmy steak sauce het gesorg vir 'n fees.

































































Loeriesfontein was ons eind bestemming vir die dag. 'n Plaat geel blommetjies het ons ingewag by die rugby veld en daarna was dit tyd vir aandete met skilpadjies en skaaptjops!



 
template design by Studio Mommy (© copyright 2015)