-->

Nuts & bolts rally - dag drie

Friday 25 September 2015

Na 'n nag van my en oom Tommie se gedansery in die kerksaal was my voet so bietjie gevoelig. Gelukkig het koffie en wortelkoek dit alles beter gemaak! 





Nadat almal gaan stort het het ons die lang pad aangedurf na Loeriesfontein toe. Maar ons het eers vir die kinders gaan t-hemde koop by die toeriste winkel. Ek moet by sê dat Garies (van alle plekke) die beste badkamers gehad het van al die dorpe waar ons gebly het. Party mense het gekla dat die water koud was, wat in my opinie meer 'n besturing was weens die hitte. Die kragproppe het gewerk en dit was 'n bonus!






Ek gaan eerlik nie baie sê oor die reis van vandag nie en gaan dit eerder in foto's uitbeeld. Dit was 'n lang dag in terme van ry en dit was vreeslik warm ook. Dorpe waar deur ons gery het was Garies, Leliefontein, Kamiesberg, Kliprand en Loeriesfontein.

Die pad was baie lank en reguit en soms kon jy net die stoffie op die horison sien. Dit was ons pad aanwyser.





Ek wil so ver gaan om te sê daar is nie veel in die Noord-Kaap nie. Afgesien van die mooi dorpies is daar nie veel aantreklikhede nie. Daar is nie 'n waterfront met 'n see uitsig nie. Allermins. Daar is wel groot oop vlaktes, met grond paaie wat jou lei na plekke wat nie baie toeriste sien nie, maar as jy stil staan sal jy die mooi in die skepping raak sien. Elke blommetjie, elke diertjie. Alles hier is uniek en mooi!















Tot hier was alles goed en wel, maar toe skop daar 'n skielike hongerte in. Ons het net daar en dan in die pad gebraai. Die lekkerste burgers wat jy daar sal kry. Oorskiet vleis en Jimmy steak sauce het gesorg vir 'n fees.

































































Loeriesfontein was ons eind bestemming vir die dag. 'n Plaat geel blommetjies het ons ingewag by die rugby veld en daarna was dit tyd vir aandete met skilpadjies en skaaptjops!



0 comments:

Post a Comment

 
template design by Studio Mommy (© copyright 2015)