-->

Nuts and bolts rally - Dag twee

Thursday 24 September 2015

Ons het opgestaan met 'n digte mis en het dit verwelkom met 'n warm beker koffie en koekies. 




Die konfooi het mekaar in Lutzville by die petrolstasie ontmoet en die nodige proviant en petrol was opgevul. 






Oom Kappies het die pad geken waar ons sou braai die dag - in Kotzesrus se hoofstraat. dit is ook (amper!) die enigste straat in die dorp, maar nie te min was oppad. Terwyl van die manne in die straat gebraai het het ons onsself by 'n pan net buite die dorp gaan gemaklik maak.
 



















Alhoewel die son ons sif gebrand het, was dit duidelik dat ons aan die fun side of the island was. Ons het ook gebraai en biltong geeet en brood rolletjies met chips. Ons het kettie geskiet (ek het die teiken raakgeskiet). 

Ons deel van die eiland het vinnig uitgebrei soos wat ander karre by ons aangesluit het. Die klomp moes deur die modder ry om te bewys wie kan en wie kan nie. Die wat kan, het gekyk hoe die ander dit (probeer) doen en vassit.  Wie het 'n superhero nodig om te help as sharkfin in die omtrek is?! 


Met 'n rooigebrande gesig was ons oppad na Garies toe. Dit was hulle kerkbasaar en hulle het dit spesiaal vir ons geskuif sodat ons kon deel in die pret. 



Die oomblik toe ons daar stop het een van die gemeentelede vir my 'n brood gegee wat gelyk het soos die pikinini. Sy pa het dit vir R800 op die veiling gekoop. Verseker die duurste brood wat ek nog ooit kon vashou. Maar die veiling aankope stop verseker nie daar nie. Iemand het 'n skaap gekoop vir R800 en moes toe 'n coolerbox koop vir R1200 en die dorp se ys om dit koel te hou. Ek het ook darem 'n deel van die pret gehad en het 'n wortelkoek gekoop vir R300. Ek wil nie soos Sarel Seemonster klink nie, maar dit was die beste wortelkoek van my lewe.




Na my koek aankope het ons na die kampeer terrein gegaan vir 'n welverdiende bier, stort en hare blaas. Wat 'n oomblik was dit nie ... Dit het soos nuwe hare gevoel, sonder stof!



Die ry was nie so lank nie maar die braai by die pan en die kerkbasaar kuier was wel. Ek sal verseker die Garies kerkbasaar in my dagboek aanteken. Dit was 'n belewenis en die mense is so vriendelik.

0 comments:

Post a Comment

 
template design by Studio Mommy (© copyright 2015)